"Swart honde" deur Gerhard Bothma

  • 0

Swart honde

Ek haat dit wat ek begeer
My swakhede wil my beheer
Ek vlug van dit waarna ek soek
Wie weet wat wag om die hoek?

Swart honde
Swart honde

Ek kom altyd laaste aan
En is die eerste om te gaan
My drome hou my vasgebind
Na al die tyd bly ek ’n kind

Koor:
Ek wens ek was sterk genoeg
Om my vrese te oorwin
Maar elke tree wat ek gee
Bring my terug na die begin
Ek moet die skuld dra
Vir die pyn wat ek veroorsaak
Maar wie moet die skuld kry
Vir die goed wat my bang maak?

Die wind daar buite waai verward
Ek sit in die hoek van my hart
Niemand sal my hier kom kry
In die donker wag hul vir my

Swart honde
Swart honde

Ek kom altyd laaste aan
En is die eerste om te gaan
My drome hou my vasgebind
Na al die tyd bly ek ’n kind

Koor

Brug:
Satelliete om my kop
CCTV hou my dop
Paranoia ek is bang
Iets verskrikliks gaan my vang

Miskien kan die liefde my
Van die kettings kom bevry
Maar wie sal my bemin?
Wie sal my bemin?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top