(Ue o Muite Arukou)
Sou ons ooit kon weet
toe ek in Bangkok en later in Koh Samui
hierdie lied aanvra
hoe ek later, alleen
sonder jou soos dáárdie Kyu Sakamoto
jou vertrek vanaand beween?
Glo 13 miljoen eksemplare
behuil daardie Anonieme Nooi
se laaste tatabaai.
Net in één gedig
(ek beloof) sal ek Weer en Weer
wens jy’s terug
en ’n growwe wens
(en rym) laat vaar.