Suid-Afrika swakste op aarde?

  • 0

Jan Rap, volgens jou nou is SA en sy mense, dit sluit ek ook in, die heel kakste en swakste ter wêreld!

Mmm ... volgens jou gebeur hier dinge wat NÊRENS anders gebeur nie!

Vreemd!

Hoe is dit dat SA so kak is?

Ek meen, daar is omtrent 200 lande ter wêreld, en amper 60 in Afrika, maar ons is die kakste?

Ons mense moet regtig pateties wees!!

Jere, om te dink ek is so 'n kak mens en ek voel nogals goed oor myself, my PP en my land!

Hoekom is ek so verkeerd?

Ek was al in baie lande, en dit het my nooit opgeval hoe kak is ons nie?

Hoe is ek so blind?

Shit!!

Om te dink dat SA se ekonomie is een van die bestes ter wereld, ons word internasionaal hoogs gerespekteer ... mense stroom na SA as immigrante en toeriste.

Al die buitelanders wat al in SA was praat in gloeiende terme van my land, baie verhuis na my land.

Op HSBC se onlangs expat report waar buitelanders wat oorsee werk lande met mekaar vergelyk, doen SA steeds puik!

Ons stof OZ, NZ, Kanada ver uit!

Maar ons is soooo kak??

Iewers is ietsie nie reg nie, maar waar?

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top