Plaas jouself in die ANC Jeugligaleiers se skoene en koppe.
Vanuit hulle perspektief sien hulle eers elke aand op TV hoe die Westerse NAVO Libië vanuit die lug bombardeer en barbaarse rebelle op bakkies bewapen.
Daarna word Gadaffi saam met sy swartmense op straat en op kamera vermoor, terwyl witmense in Frankryk trots verklaar dat hulle nou eerste in die tou staan om vergoeding uit Afrika.
Dit liewe lesers, teen die agtergrond van Gadaffi se anti-koloniale geskiedenis, wat Jeugligaleiers en lede uit hulle koppe ken.
Hiermee voorspel ek sonder om te blik of te bloos dat die Westers-gegenereerde gebeure in Libië, grootliks gaan bydra tot ’n ontstellende opstand teen "Westerse" Suid-Afrika, en dat SêNetters dit vanaf volgende naweek al sal begin insien.
Francois Williams, jy het ons goed gewaarsku, dankie daarvoor.
Ran Doodt

