Stokkiesdraai

  • 1

Foto: Canva

Stokkiesdraai

vanmôre moes ek kies
tussen jou preek
en Bob Dylan s’n –
ek hoop jy verstaan
my keuse

die liturgie
was vreemd maar wonderlik

die begeleiding onverbeterlik

die eksegese eenvoudig
vormloos-heilig

sy boodskap weerklink helder
tot aan die uithoeke van die wêreld
en tog bly dit naby my soos ’n seën
selfs al wonder ek steeds daaroor

buitendien is ek uitgevang
soos ’n skoolkind wat skelm
saam met vriende rook

ek hoop jy verstaan
ek wéét jy verstaan

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top