“Philosophy is dead”, aldus Stephen Hawking en Leonard Mlodinow in hul boek The Grand Design.
Dit is nie nodig om die pad te loop wat hulle geloop het om te weet dat versinsels wat nie verband hou met die werklikheid nie, nie waarheid is nie.
Geleerdes ken steeds in 2011 doktorsgrade aan mekaar toe, maar filosofiese verhandelings op sigself bly ’n woordspel.
’n Storie of musiek kan mooi wees sonder om die herkoms of bestemming daarvan te verklaar, maar dit bly ’n storie of musiek.
Die knaende geredekawel oor onbewese sake is ’n gedruis van klanke sonder inhoud, en kan dalk gelaat word vir die redelose.
CM

