Stil lewe

  • 0

Ons liefde se vervaldatum
het aangebreek. In my badkamer
staan grimering en klein allerlei.
In die studeerkamer twee reistasse;
’n pienk skulp waak langs my bed.
Die glasstaander vol helder blomme
van draad sal gelukkig nooit verwelk.
’n Geraamde Gregoire Boonzaaier
en ’n handvol boeke woordelose getuies
van ons tyd saam, nes ’n fotoalbum.
Dit alles kan ek weggee, verkoop,
selfs teruggee as dit jou sou opwek.
Hoe op aarde het jy, wonder ek,
beland in hierdie gefaalde sonnet?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top