Die ATKV het onlangs onderwys as ’n nuwe hooffokus geïdentifiseer. Ons staan nog in ons kinderskoene wat ons betrokkenheid betref, maar daar is reeds uitsonderlike projekte wat ’n verskil maak.
Een so ’n projek is die Sterskole. Die projek het ten doel om die uitstaande verbetering in onderpresterende skole te identifiseer en dan erkenning aan daardie skole te verleen.
Die eerste skool wat hierdie toekenning ontvang het, is die Imizamo Yethu Sekondêre Skool in Thembalethu, George. Die skoolhoof is mnr Derick Petersen. Hierdie skool het in 2010 ’n matriekslaagsyfer van 27% gehad. Deur harde werk en toewyding was die slaagsyfer in 2011 ’n fenomenale 82%! Hierdie prestasie is onlangs op George beloon.
![]() |
|
Japie Gouws, besturende direkteur van ATKV-groep, oorhandig die toekenning aan Derick Petersen, skoolhoof van Imizamo Yethu Sekondêre Skool |


