Stellenbosch se Talent 360-talentkompetisie nóg groter in 2014

  • 0

Please click here for English.

Stellenbosch 360 (die Stellenbosch toerisme- en inlingtingsraad) bied 'n opwindende talentkompetisie genaamd Talent 360 in samewerking met Space4Development aan.Talent 360 is in wese 'n bemagtigingsprojek wat spesifiek op die Stellenbosch-gemeenskappe van Idasvallei, Khayamandi, Cloetesville, Klapmuts, Jamestown, Raithby en die Middedorp gefokus is. Die doel van die projek is om 'n platform vir plaaslike talent te wees, waardeur kreatiwiteit in winsgewende besigheidsmoontlikhede, opvoeringsmoontlikhede en kulturele toerisme omgeskakel kan word.

Hierdie jaar sien die tweede aflewering van die kompetisie, na die sukses van 2012-2013 (wat met 'n spoggerige gala-aand in die Stellenbosch stadsaal afgesluit is). In die 2014 aflewering word die bestaande kategorieë van musiek, dans en drama met die toevoeging van poësie uitgebrei. Daar is baie pryse op die spel, onder andere talent-ontwikkelingsprogramme, tablet-rekenaars en die blootstelling van jou talent aan die wêreld daarbuite (wat ook 'n opvoergeleentheid by die US Woordfees insluit). Die sluitingsdatum vir poësie-inskrywings is reeds 16 Januarie, so vul sommer die aanlyn inskrywingsvorm nou in!

Meer volledige inligting, insluitend die wat en waar, kriteria vir deelname, pryse en kontakbesonderhede kan hier gelees word.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top