Stef Bos vlieg solo by die Ou Meulteater

  • 0

Stef Bos se voete is nou finaal albei in die Kaap. Hierdie gewilde Hollandse sangerhet vir jare met een voet in Europa en een in die Kaap gestaan, maar sedert diebegin van 2010 woon hy nou permanent in Kaapstad, baie na aan die titel van sy jongste CD, Kloofstraat.  

Bos het ’n liefde vir Suid-Afrika (en meer spesifiek Afrikaans) gekry te danke aan Ralph Rabie, oftewel Johannes Kerkorrel, wat jare gelede ons pragtige land aan hom bekendgestel het. Vir hierdie vertoning vertolk Bos liedere van sy Kloofstraat album, ’n paar nuutskeppingeen ook van sy bekende liedere. Dit alles gaan saam met ’n magiese atmosfeer, goeie vriende, humor en ’n tikkieerns. Hierdie vertoning is verseker ’n moet-sien en ‘n fantastiese manier om jou teater-jaar op ’n ligte noot te kom afskop.

Kloofstraat is onlangs benoem vir ’n Edison-toekenning, een vandie belangrikste en oudste musiektoekennings in Nederland, in die kategorie vir teater. Dit is’n groot deurbraak aangesien dit die eerste keer is wat ’n CD waarop Afrikaansgesing word vir die prys in aanmerking geneem is.

Die vertoning word Sondag 29 Februarie om 16:00 by die Ou Meulteater gehou. Kaartjies is R120.00 per persoon. Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top