SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Bernard Odendaal

  • 1

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Bernard Odendaal oor poësie.

Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Bernard Odendaal, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer.

Lees ook in LitNet Akademies:

Neerslae van mediosferiese veranderings, veral die meer onlangse digitale wending, in die skep en ervaar van digkuns, gedemonstreer met Afrikaanse voorbeelde

Vernuwing, vervreemding en taalvariante. N.P. Van Wyk Louw se Nuwe verse en die eietydse poësie

  • 1

Kommentaar

  • Jacques Wessels

    Prof dis so goed om te hoor van iemand wat deure oop hou veral van iemand wat baie ervaring het en formeel gegrond is. VIVA DIGKUNS VIVA

    Enige verwysing na persone wat gedigte geredigeer ens sal baie waardeer word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top