Charles Fourie het die tekse vir die hoogaangeskrewe en bekroonde eenmanstukke Stander oor die lewe van die polisieman-rampokker André Stander, asook die enigmatiese verhaal Goddess of Song oor die Amerikaanse opera diva, Florence Foster Jenkins, geskryf.
Stander met Waldemar Schultz onder regie van Albert Maritz word op 10 en 14 September by Die Boer teater in Durbanville, en weer 24 tot 28 September by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom, opgevoer.

