Stad van stof
? Stad van stof stap trap-trap
soos masjinerie se ratte wat klap-klap
En ons sepies kyk terwyl die son sak
? Stad van stof is fyn gekap
soos verraaiers van ouds is ons kaal betrap
Dit was ? Maandag en dis hoe dit is
Dis hoe dit is in Stofstad
? Stad van stof werk oortyd
Die breë paaie se ligte wys die weg uit
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


