Hoe lank gaan die staatskaping-kommissie nog aanhou? Dit lyk of daar geen einde in sig is nie. Dinge in hierdie land is in ’n gemors, met gewelddadige misdaad aan die orde van die dag en boonop die aaneenlopende korrupsie en bedrog. Elke dag word meer gevalle ontbloot.
Net die rykes kan bekostig om te emigreer, en jong mense met goeie kwalifikasies en vooruitsigte vir werk oorsee. Ek is in hierdie land gebore en het hier gewerk en oud geword. Ons is nooit gesê die swart mense gaan eendag oorneem en ons terugkry vir die onderdrukking nie. Ons het nie eens geweet ons onderdruk hulle nie, ons het gedink dinge is reg soos dit is, dit moet so wees.
Nou is ek oud, my beendere pyn en my asem fluit. Weet nie hoe lank ek nog gaan leef nie.
Groete,
Tiens Pretorius


Kommentaar
Ek het al gewonder wie is regering in SA, die parlement of tenderpreneurs?