Staat van inperking

  • 0

Fotobron: Canva

Staat van inperking

Ons het net breine gekry
nog voordat ons geweet het
hoe om dit te gebruik
sonder om dit in duisend snippies te breek.

Hoe klink ’n Afrikaanse woord
wat is ’n Europese idee?
Maar mag nou asseblief
’n paar nuwe takke van die boomstomp
af groei, onder die oë van die engel
wat waak oor ’n see
van opgehewe hande?

Ek wens dit nie dadelik toe nie,
al sal vandag my vurige hart uitgaan
en bleik die kolletjies op sampioene,
maak van die hele breinpasta
’n granaat wat op die rand is
om hierdie vrees die universum in te blaas

hulle hoef nie bang te wees
om siek te word nie
hulle is alreeds

besmet met afwagting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top