"Staan vas op jou voete" deur Francois van der Merwe

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Soos die son opkom
En die maan verklein
Soek ek somtyds iets sodat die pyn verdwyn
Om my tot rus te bring
Sonder om te sukkel
Ek sit gereeld in die middel
Van ? vertraagde sirkel

Jy brand vas in ? lewe wat jy glo jy verdien
Jy staan alleen in die donker sodat niemand jou sien nie
Maar staan vas op jou voete want die lewe is ? lang pad
En maak seker daars ? plek vir iemand wat jy sal saamvat
Wat jou hand sal vashou
Deur diepe donker
Jou deur alles bystaan
Sonder enige vrae
Deur duk en dun
En op en af paie
Saam sal ons uitbrand
Soos ? stukkie braaihout

Refrein:
Weet jy waar staan ons nou
Weet jy waar gaan ons nou
Sal ons ooit onthou
Waar lê die berge blou

Soos die blou, blou lig
En die donker blou see
Sal ek my hart uitruk
En vir jou alles gee
Wat jou hart begeer
Sonder om te twyfel
Met alle beheer
Van my kop tot my siel
Is ek klaar verniel
In duisende stukke
Het ek neergeval
Maar ek sal weer opstaan
En ek sal weer probeer

Refrein

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top