"Sprokiesverhaal" deur Francois van der Merwe

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Jy't jou lewe wat voor jou staan
? Klein hart wat ver sal gaan
Staan reg en vat die kans
Sodat jou lewe aan kan gaan

Jy sit vir jare lank in dieselfde hoek
Jou lewe draai net om soos ? storieboek
? Mooi verhaal wat jy graag sal wil soek
Maar jou storie is al klaar deurmekaar gekoek

Kom ons skryf jou storie oor
Voordat jy jouself verloor
Die verhaal knoop net oor en oor
Raaisels wat aanhou met jou toor

? Storie het gereeld ? goeie einde
Maar jou sprokie word gereeld so bietjie kleiner
Soos sandkorrels, maar so effens fyner
Maar in my storie boek bly jy altyd myne
So staan maar vas want jou digter het ? plan
Dit vat maar lank, maar solank ons sal saam staan

Kom ons skryf ons storie oor
Voordat ons onsself verloor
Die verhaal knoop net oor en oor
Raaisels wat aanhou met ons toor

Van die begin tot die einde
Want vir ewig is oneindig

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top