"Sprokiesland" deur Lean Myburgh

  • 1

Sprokiesland

Ek wens ons kon saam na ‘n sprokiesland toe gaan
op Liewe Heksie se nuwe besem ry tot by die man op die maan
En as Hansie en Grietjie aan die heks se huisie kou
sal ons twee saam eet, maar as die heks kom sal ek haar van jou af weghou

REFREIN:
Want jy is die een met wie ek my sprokiesland wil deel
Vir jou wil ek wegvoer na die hoogste toring in ‘n groot kasteel
met my een hand in joune en die ander om die draak se keel

En as jy koek vat vir jou Ouma in die bos
sal daai ou simpel wolf al lankal weet hy moet jou uitlos
Want as hy jou dalk net op die verkeerde pad wil lei
sal ek en die houtkapper en die drie varkies hom keer voor hy jou Ouma se huis kry

REFREIN

As die sewe dwergies jou in ‘n glaskas op die berg sit
sal ek met trane in my oë na jou staar, jou donker hare en jou vel wit
En as ek afbuk, jou op die lippe soen gaan jou oë oop
en sien ek hoe ons twee saam
deur die mooiste sprokiesland hand aan hand na ons kasteel toe loop

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top