Springbokafrigters vervolg ...

  • 2

Kyk, ek is nou nie dom genoeg om te seg dat ek myselwers die Bokkiespan kan vat en dan die Koppie loop vat daar in Ingeland later die jaar nie...
MAAR, ek is slim genoeg om te seg dat as ek die Vrystaat kon vat WB toe dan sou ek 'n wen wou voorspel!
Hier is my Vrystaatspan vir die WB, en ek tel net spelers wat gebore en getoë is in Vrystaat of talle wedstryde al gespeel het vir ons en die Vrystaat aanvaar het as hul tuiste, soos immigrante maw:

15 - Willie le Roux - beste heelagter in wêreld. Coenie van Wyk
Vleuels - Raymond Rhule, Coenie van Wyk, Cornal Hendricks, Rayno Benjamin
Senters - Robert Ebersohn, Johan Sadie, Francois Venter, Small Smith, Jan Serfontein
Losskakels - Johan Goosen , Ruan Pienaar, Sias Ebersohn
Skrummies - Super Sarel Pretorius, Ruan Pienaar, Michael Claassen
Stutte - Coenie Oosthuizen, Jannie du Plessis, Nyakane, Marcel vd Merwe
Hakers - Adrian Strauss en sy neef Regardt, Bismarck kan die getalle volmaak
Slotte - Lood de Jager, Francois Uys, Carl Wegner, Juan Smith - Kaptein
Flanke - Heinrich Brüssow, Oupa Mohoje, Boom Prinsloo, Jean Cook, Henco Venter - hierdie lat is yster!
No8 - Juan Smith, Niel Jordaan - ook yster

Hoofafrigter - Rassie Erasmus,
Hulpafrigter - Franco Smith

Ek sal nogals heelwat wed op die span om die WB te vat!
Sowat van ysters in sy voorry het geen ander span ter wêreld nie!
Lood is die beste en vurigste jong slot ter wêreld.
Paar hom op met die ou bul Juan Smith.
Die losvoorspelers is almal baljagters, spelskeppers en lemme op die verdediging.
Knap agter die skrum moet die teenstanders Sarel soos 'n valk dophou, en dit skep kanse vir die ewe glibberige Johan of Juan op losskakel, en met senters en vleuels wat net een pad ken doellyn toe, met Willie wat soos 'n warm mes deur botter die opposisie van agter opkerf, wel ... daar kan net een uitslag wees.
Boonop is Johan een van die dodelikste en verste skoppers ter wêreld ook ... natuurlik kan die Vrystaat boonop met reg aanspraak maak op Frans Steyn en talle ander verlooptes ook!
Dan is daar die rugbybrein van Rassie wat alles beheer ... HKGK!

  • 2

Kommentaar

  • Nie 'n slegte poging nie maar daar loop 'n paar vleuels en senters rond wat nie om jou span se agterspelers maar sommer oor hul gaan hardloop en hulle is nie noodwendig All Blacks nie.

    Dan kort jy ook 'n paar slotte wat hul man kan staan.

  • Ek sê ook nie te sleg nie maar Vrystaat het al menig 'n wedstryd verloor deurdat Ebersohn of Goosen balbesit wegskop in die doodsnikke van die wedstryd. Deur balbesit af te staan met 3 of 4 minute speeltyd oor, en 3 of 4 punte voor, is doodsake; die ander span gaan dan gewoonlik met fase op fase doellyn toe en wen. Maar dit hang maar seker van die afrigter af om 'n stokkie voor hierdie praktyk te steek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top