"Springbok trots" deur Eugene Viljoen

  • 0

Springbok trots

Vers 1

In groen en goud draf ons manne trots uit en hoor die skare se jolyt.
Die ref se fluit is die begin van die mooie stryd.
Saam speel vyftien mane soos een.
Hul word aangewakker deur die skare se gedreun.
Deur wind, son en reën oefen hulle hard.
Deur pyn en smart, wit bruin of swart,
saam vier ons hulle vreugde en trane.
As een nasie staan ons agter ons manne.

Koor

Rugby is ons trots, rugby is ons kos,
rugby is ons game, rugby is ons fame.
Support die Bokke sonder shame.
Rugby is ons trots, rugby is ons rots.
Rugby is ons taal, sterk saam soos staal,
soos die bal gaan oor die paal
en die ander spanne die prys laat betaal.

Vers 2

Rugby is ons gees, want ons het vir the Beast.
Hy is so sterk soos Hercules.
Rugby is ons kleur, want ons het Habana en hy gee die span geur.
Rugby is ons hart, want ons het vir John Smit.
Rugby is ons slot, want Bakkies staan by Matfield.
’n Man staan by sy broer, ’n nasie by hul span.

Herhaal Koor

Rugby is ons trots, rugby is ons kos,
rugby is ons game, rugby is ons fame.
Support die Bokke sonder shame.
Rugby is ons trots, rugby is ons rots.
Rugby is ons taal, sterk saam soos staal,
soos die bal gaan oor die paal
en die ander spanne die prys laat betaal.

Vers 3

Ons is honger vir die game, want ons het Schalk Burger.
Ons is lief vir die game, want ons het Morné Steyn.
Ons kan skop, want Lambie is ons Rambo.
Ons kan alles doen, want Pietersen wil die girls net soen.
Rugby is ons mission, want sonder ons coach gebeur geen decision.

Herhaal Koor

Rugby is ons trots, rugby is ons kos,
rugby is ons game, rugby is ons fame.
Support die Bokke sonder shame.
Rugby is ons trots, rugby is ons rots.
Rugby is ons taal, sterk saam soos staal,
soos die bal gaan oor die paal
en die ander spanne die prys laat betaal.

47 miljoen mense saam as een, so wees trots op die Bokke, dis die een.
As jy in Suid-Afrika bly, moet jy saam met die Bokke baklei
en nie vir die ander spanne nie, want Suid-Afrika is jou land.
Of is jy nes ’n volstruis met jou kop diep in die sand?
Trek aan jou groen en goud en maak die ander benoud,
want saam met die game rugby word ons oud.
Ons is verlore sonder rugby, rugby is die greatste game ooit gebore.
So trap saam met die Bokke diep spore
en embrace die rugbygeskiedenis.
Onthou Francois Pienaar. Onthou Mannetjies Roux.
Onthou Naas Botha. Onthou al ons legends.
Maar vergeet nooit ons doel, dis rugby, as jy weet wat ek bedoel.
Eenheid en samewerking.

Herhaal Koor

Rugby is ons trots, rugby is ons kos,
rugby is ons game, rugby is ons fame.
Support die Bokke sonder shame.
Rugby is ons trots, rugby is ons rots.
Rugby is ons taal, sterk saam soos staal,
soos die bal gaan oor die paal
en die ander spanne die prys laat betaal.

Vers 4

Die Springbokke is ons trots, hulle bind ’n nasie soos ’n rots.
So wees trots op die groen en goud.
Die bande van ons land dra jou span op jou hande.
En wees ook dankbaar vir hulle talent.
Staan by jou span soos hul staan by elke man,
want ek weet ons almal kan so die land omkeer,
want rugby is beter as die beste geweer!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top