
Die herskrywing van die verhaal is geslaagd. Die spanningslyn is strakker en die verhaal verloop vinniger. Die verskyning van die spook werk ook beter. Daar is wel iets wat die skrywer kan oorweeg: Aan die einde van die verhaal word die omroeper wakker en besef (of dink hy dit dalk net?) dat hy gedroom het. Hy is verlig en as ontknoping sien hy die plaatomslag met Ouboet van Zyl se naam. Asof die spook dalk werklik bestaan en die plaat uitgehaal het. Nogtans is dit vir my ’n bietjie te min verontrustend, te sag vir ’n ware spookstorie. Al is al die drade en proppe weer netjies op hulle plek, dink ek die omroeper mopet voel dat sy nek brand en as hy met sy vingers oor die seerplek voel, is daar twee klein wondjies met blase op. Was daar dan dalk regtig egtig ’n spook?
*
(Nota aan die leser: Du Plooy het ook aan elke skrywer ’n gemerkte weergawe van hulle verhaal gelewer. Dit is die weergawe wat nie geproeflees is nie. Loer oor haar skouer en laai die gemerkte weergawe hier af.)
Lees ook:
LitNet-slypskool Om te skryf: Die tweede weergawe van ons deelnemers se verhale

