Spaar een blom

  • 0

is hierdie aarde ’n vrot sweer
die vlieg in U salf
waar U kind soos ’n virus
in etter en haat floreer
straf ons Here
met swael en vuur
want ons is sleg en sal U hemel bederf
maar spaar net een blom
as ’n ruiker aan U
vir ’n Vader se genade
aan sy stout kinders op aarde

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top