
Foto: verskaf
Sossusvlei
Waar Sossusvlei se duine
in perfekte konkawe en bruine
’n stukkie
van ons Namibland versier
uit woestynsand
perfek in
met skerp rûe gekerf
deur die wind
met duinstrate vaal
en vlaktes kaal
’n droë pan of twee
waar God net soms
oorvloed van water gee
waar doringboom
deur die jare geskool
sy vog diep uit die
dorre aarde drink
staan daar op gryswit vlaktes
die trotse, fiere dier
hier trap hul hul spore jare lank
sonder om die natuur
vermink te laat
hier tuur hul na die mens
die een wat volgens God se wens
dit alles moes bewaar
maar so oneindig faal
oorleef hul van die weiding
soms mildelik
soms skraal
het geen ander sorge
as die mens
want God voorsien
mildelik
vir elke maal ...

