Marsofine Krynauw is ’n afgetrede beroepsvrou wie se passie van haar jong dae af skryf is. Hierdie passie het sy eers in 2017 ernstig begin ontgin nadat sy ’n ATKV-toekenning vir haar debuutdigbundel, Woorde wat waai, ontvang het.
Daarna is sy elke jaar vereer met ’n ATKV-toekenning vir haar digwerk. Sy het ook in sewe gesamentlike bundels wat deur Malherbe-Uitgewers uitgegee is, werke.
In 2019 het sy haar eerste roman geskryf, en het vandag twaalf romans op haar skryfstok. Sy skryf graag verhale wat op ware gebeure baseer is en wat sy dan met fiksie borduur.
Haar mees onlangse boek, Skye – vrou van tweede kanse, het pas die lig gesien.