
awê broe'tjie van my
djy kan mossie soe maakie
ô's twie is dan supposed
om soes eie bloed te wies
hoe kan djy net wil loep
sonne' lat ekke vi jou
one for the road koep
djy hettie ee's vi' oulaas
vi' my koebaai gesê nie
net stil-stil die pad
van nooit-wee-t'rugkom gevat
djy hettie ee's daai kwaai game
op Loftus saam my gewatch'ie
(of het jy van 'n distance af?)
ek praat van daai game
wat die all blacks by luck gewennit
ek haat scary plekke
en daai wiet djy goed
soe ek is sorry my broe
don't think i'm funny
but ek gaan rêrag'ie vi' jou
innie begraafplaas ko' visit'ie


Kommentaar
Bliksem, maa die poem va jou skweeze aan my trane vannie mooigeit.
Nai my broe, djy het'it. Hartseer mooi.