"Soos roomys val my woorde" deur Christiaan blignaut

  • 0

Soos roomys val my woorde

Ai, my woorde weer
uitgelap, weer 'n keer
Ek is net 'n toeskouer
my pen span saam my hart

Almal moet hoor
Elke Jan Rap en ook sy maat
Sonder 'n staffie is ek getoor
net 'n glimlag het my lam gelaat

Dan skielik sal ek besef

REFREIN:
Al wat sy wil doen is dans
Sy vat my hand en raak my hart
Stomgeslaan, ek is betower
soos roomys val my woorde

Simpel is my hakkelwoordjies
Versigtig my gelapte liedjie
Mooi kan haar nie opsom nie
Pragtig klink te normaal

Ek los dan maar my rympies
Sy breek al my reëls
Haar vryheid steel my patroon
as sy hardloop in die reën

Dan skielik sal ek besef

REFREIN

Sy pluk vrolik veldblomme
en ek sal net staar
Al my plannetjies saam die wind
geen toutjies aan dié meisiekind

As die wêreld begin draai
en alles tot 'n reënboog smelt
Is my oë oop of slaap ek nog?
Wat is waar en wat is droom?

Dan skielik sal ek besef

REFREIN

Sy fluister skielik saggies
en ek weet dan ek is wakker
Steeds hoor ek die liedjie
en wil ek sing, maar ek klink vals

Ek sweet om te beïndruk
maar sy lag vir my simpelheid
Saamlag is dan al antwoord
En aanhou wonder oor die waarheid

Dan skielik sal ek besef

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top