Geskryf vir: Straatligkinders
Die duistenis kruip stadig nader terwyl my gedagtes rondswem in herhineringe van jou.
Ek begeer om nog net een keer na jou blou oë te staar.
Waar is die oggend wat ek so nodig het!
Son kom verdamp my trane
in my oë sodat ek nog een keer kan sien
hoe 'n goeie more oor die horison uitstyg.
Die misbank le voor my oë terwyl ek van jou probeer droom
Maar die son kom op en skyn en die misbank het voor my oë verdwyn
Waar is die oggend wat ek so nodig het?
Son kom verdamp my trane
in my oë sodat ek nog eenkeer kan sien
hoe 'n goeie more oor die horison uitstyg.
Verdamp my verdamp my verdamp my trane in die son.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.