Soos gister
Ek onthou nog soos gister jou stem in my ore
jou warm hand op my rug
Ek voel nog die soen op my hare, die liefde in jou oë
Ek beleef nog ons hart se ritme as een
Ek ruik nog die handgeplukte blomme in die vaas
Ek sien nog die pyn en vrees in jou bewing
Jou verslae groet eggo steeds daagliks in my
Die trane op jou wang daai dag, hou my jare later steeds wakker in die nag
Ek voel nog die emosie van daai eerste dag as ek dink aan jou
Ek ervaar nog soos gister die verterende vuur van ons liefde
ek leef ons drome saam een vir een
Ek sien daai laaste silhoeët
Ek voel nog soos gister jou skouers wat hang, die verdriet
Ek voel nog elke oomblik, net gister, jou hart wat myne soek, die hunkering na my
Ek weet, nes gister, ons liefde moes vir ewig hou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


