"Sonstraal" deur Wynand de Kock

  • 0

Sonstraal

Die son skyn teen my voorkop
en ek weet ek het jou lief
Sagte wange, stille lippe
en ligte trane rol
van diep binne jou

Party dae is net moeilik
Moeiliker om te verstaan
Vir almal lyk jy sterk
Ek vra jou wees myne vir ? aand
Net ? aand is ek werd

Maar as die maan die oggend in sak
en die sonstrale groet my weer
Het jy jou probleme weggepak.
Ek is weer op my knieë,
met my hande teen jou vas

My lig is my sonskyn
en jou strale het verdwyn
Met goue strale smeek ek jou
moet my nie weer verlaat nie
Ek smeek jou nog een keer


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top