Sonnet vir ou Platpoot

  • 4

Foto: Canva

Sonnet vir ’n ou Platpoot

die statige ou polisieman is op soek na ’n kuur
sy ou voet se hak brand soos ’n vuur
“policeman’s heel” noem die Britse Bobby dit
voetpatrollie gaan uiteraard nie oor sit

op sy kroontjie is boonop ’n kaalkop-letsel
oor die dra van sy polisie-hoofdeksel
op ’n tyd was daar baie hare
nou afgeskuur deur die jare

hy sukkel met hierdie twee swakhede
’n swakheid het immers ’n reuk
natuurlik het hy geen geldige rede
niemand is verhewe bo die lewe se geneuk

die dokter bewerk die hak se pyn
die kaal kol se pyn word verdryf met wyn

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top