As jy die pad kon vind
na die buitewêreld
Sou jy dit vat?
Is jy doof, stom, blind
of wil jy net nie ontsnap nie?
KOOR:
Bring ? einde aan jou smart
Loop net deur die tonnel
Die einde van die pad so verward
Die lewe is te swart om nog te twyfel
Gee my net jou hand, ek wil jou red
En as jy in my wil twyfel
kan jy jouself afskryf
Hoekom is ek so deurmekaar?
Hoekom lyk jou lewe so agtermekaar?
Jy’s vry
As jy by my in die aande insluip
en op my gewete so doelloos rondkruip
Hoekom is ons hier en wat maak jy nou?
My verlore plesiere leef steeds diep in jou
Kan jy my in jouself vind?
KOOR
In my gedagtes onthou ek die vat van ? hand
die gevoel op my voete van warm sand
Verlede herdenkings leef steeds diep in my
Trane en emosies is wat ons vermy
As ek jou vertel jy is my kind
kan jy jouself in my vind?
KOOR


