(Vir Kobus de Klerk)
Jy is reg dat die hooftema van Prediker die kortstondigheid en die tydelikheid van die mens se lewe is, maar nie in hierdie wêreld volgens jou vertaling nie, maar onder die son. Ten minste is die frase nie verander in die New International Version waaruit ek voorheen aangehaal het nie. Dis 'n belangrike verskil en sal hieronder duidelik raak. Die NIV het egter ook probleme en dis gewoonlik beter om by vertalings te hou wat so naby as moontlik aan die oorspronklike probeer hou. Daarom haal ek aan uit die American Standard Version, aanbeveel deur Robert Price (The Bible Geek).
Live joyfully with the wife whom thou lovest all the days of thy life of vanity, which he hath given thee under the sun, all thy days of vanity: for that is thy portion in life, and in thy labor wherein thou laborest under the sun (9:9).
Jy is heeltemal verkeerd op twee punte:
1. Die ewigheid waarna jy verwys is juis dit wat in vers 10 beskryf word, nie die paradys wat in die Nuwe Testament van gepraat word nie. Dit verwys na Sheol, die onderwêreld wat nie onder die son is nie, maar onder die aarde. Hierdie natuurlik toe die aarde nog plat was en nie rond nie. Sheol is baie soos die Griekse Hades, waarvan ons 'n goeie beskrywing kry in die Odyssey van Homer (Bk.11). Almal, die goeie en die slegte eindig op in Sheol/Hades, waar daar nie werk of insig of kennis of wysheid is nie, maar 'n donker, 'zombie' tipe van bestaan.
Whatsoever thy hand findeth to do, do ‘it’ with thy might; for there is no work, nor device, nor knowledge, nor wisdom, in Sheol, whither thou goest (9:10).
2. Die rekenskap is nie die check-punt vir die hiernamaals nie maar vir die lewe hier tussen die lewende: "For to him that is joined with all the living there is hope; for a living dog is better than a dead lion" (9:4) Deel van wat die lewe sin en vervulling gee vir die skrywer van Prediker is om jou plig te doen deur God se gebooie na te kom hier op aarde/onder die son tussen die lewendes. Om te dink dat jy rekenskap gee na jou dood en dan hemel of hel toe gestuur word vir ewig sou vir hom (en baie Jode vandag) 'n vreemde konsep gewees het. Hy sou vir jou uitgewys het dat almal dieselfde eindig, die dood, en dat almal eindig op dieselfde plek, Sheol:
All things come alike to all: there is one event to the righteous and to the wicked; to the good and to the clean and to the unclean; to him that sacrificeth and to him that sacrificeth not; as is the good, so is the sinner; ‘and’ he that sweareth, as he that feareth an oath. (9:2)
As almal eindig op dieselfde plek sou 'n rekenskap soos dit waarna jy verwys sinneloos gewees het. Prediker sluit af met:
This is the end of the matter; all hath been heard: fear God, and keep his commandments; for this is the whole ‘duty’ of man. For God will bring every work into judgment, with every hidden thing, whether it be good, or whether it be evil.
Nêrens is daar in die hele boek van Prediker enigiets wat klink soos die ewige lewe waarna jy verwys. 'n Persoonlike ontmoeting met God of Satan word nooit na verwys nie. Net die idee van so iets sou moontlik beskou gewees was as godslastering. Die enigste manier hoe jy tot jou gevolgtrekking kom is deur Prediker te harmoniseer met dit wat in ander gedeeltes van die Nuwe Testament vir jou van waarde is, die waarheid wat jy vir jouself geskep het, presies dit waarvan jy my en Cornelius beskuldig. In die proses het jy Prediker uit konteks geneem en die hele boek onsamehangend gemaak.
Maar, soos jy sê: "Vir die Spiritueel bemagtigde, die ware gelowige, beteken dit natuurlik heeltemal iets anders, want die gelowige verstaan die konteks daarvan." Ek sukkel om die verskil tussen dit en die "'persoonlike waarhede' filosofie van die New Age" waarteen jy so uitvaar te sien. Net die feit dat jy dink Bybelse interpretasie is afhanklik van spirituele insig gee jou game weg.
I rest my case, dis mos hoe julle looiers dit stel.
Chris Dippenaar (Gilgamesh)
NS. Ek glo natuurlik, net in geval jy wonder, ook nie aan Sheol nie ... en ek mis nie my Nuwe Vertaling nie, maar wel my Pink Floyd-versameling wat ek ook vir suipgeld verkwanse

