Sondaar
Jy is nie Cornelius nie? Dit is bekend dat Cornelius kort gelede onder dié skuilnaam hier geskrywe het, ekstensief geskrywe het … én die sieninge stem ooreen. Onder sy eie naam Cornelius (of is dit?) het hy byvoorbeeld aan Oom Daan geskrywe die opstanding is sommer Joodse fabels (midrash – waarteen die Woord in Titus 1:14 waarsku) en jy sê ook dieselfde.
Nou ja, jou onkunde en dié van Cornelius (en die ander ongelowiges) stem ook ooreen, waar jy sê jy glo my nie as ek sê die opgestanes was verlostes nie – óf jou Bybelkennis is uiters power en selfs al lees jy, verstaan jy nie wat jy lees nie (gebeur ook met Cornelius), óf jy het ’n probleem met Afrikaans (Cornelius is ook verlore sonder sy woordeboek en selfs dié help nie veel vir hom nie).
Let op die Woord:
“52 Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek, 53 en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Na Jesus se opstanding het hulle in die heilige stad gekom, waar hulle aan baie mense verskyn het.” – Mattheus 27. Die Ou vertaling gebruik “heiliges” en ek gebruik
“verlostes”. Dié woorde is algar sinonieme. Dus die opgestanes was verlostes/gelowiges/heiliges.
Aan die HERE behoort alle siele van verlostes. Aan die HERE kom die prerogatief toe om met Sy siele te maak soos dit Hom behaag, óók om hulle eenmalig aan te wend om ander gelowiges mee te bemoedig as voorteken van wat kom wanneer Hy weer kom. Moet jou nie aanmatig om die HERE se optrede te bevraagteken nie. Hoekom sou dit op “downgrade” vir hulle neerkom? Die verheerlikte liggaam oorkom alle vorige skete. Omdat hulle dan weer tussen ongelowiges en skeptici soos jý moes tyd bestee? Jy verstaan duidelik nie die Krag van die Vrede en Vreugde van verlossing nie …
Kobus de Klerk

