Sondaar en die opgestanes

  • 0

Jy vra, waar is die opgestanes wat destyds, sowat 2 000 jaar en langer gelede, opgestaan het tydens die HERE se begrafnis en dan praat jy van al die hedendaagse probleme wat dit sou meebring, so asof hulle nou nog lewe …

Nee, wat. Hulle is sekerlik al weer lankal oorlede en destyds was daar mos nou ook nie die sosiale probleme wat daar vandag is nie, met wette wat bigamie verbied en so aan nie. So, smaak my destyds het mans nie die “vaardigheid van ’n staatspresident”, soos jy dit stel, nodig gehad nie, want poligamie was alledaags – interessant nè? Óf die vroue was meer redelik en inskiklik óf die mans was meer vaardig, of wie sê ek alles. Vandag kan die ouens maar daar in Utah in die VSA gaan woon, want hulle sal daar geen probleem met poligamie hê nie.

Destyds het die Jubileum ook gegeld en was die ouens se skulde kwytgeskeld na 50 jaar. Jy sou seker van ’n hedendaagse Jubileum gehou het, of hoe?

Nou ja, omdat al die opgestanes verlostes was, weet ons mos dat hulle juis nié in die hel was nie, of hoe? Dus, hulle siele was by die HERE en die HERE het siel en liggaam weer herenig vir die eenmalige doel. Op die Oordeelsdag sal álle siele met hulle liggame herenig word, wat ook al intussen van die liggaam geword het – energie vergaan nooit, dit verander net. God is die Gewer daarvan en daarom is niks by Hom onmoontliks oos dit vir jóú mog wees nie.

Ja, die Superman comics is makliker om te lees, soos jy sê. Jy het geen verstand en insig en veral ’n siel, nodig om dit te lees (en natuurlik te verstaan) nie. Maar jy moet ook probeer verstaan, die destydse opstanding het eenmalig gebeur as ’n simboliese bevestiging van die opstanding van mense by die Wederkoms, by die Oordeel ... en dan gaan jou huwelikstatus en jou kredietrekord werklik van geen relevansie wees nie en jou skuldeisers sal bepaald ánder hooi op hulle vurke hê as om agter jou of enigiemand anders aan te drentel vir skuldinvordering ... maar wel die stand van jou siel. En daarmee, verseker ek jou, gaan Superman en sy comics jou nie op enige wyse behulpsaam wees nie.

Terloops – Cornelius, Ronel, Sondaar – hoeveel is daar nog, Kerneels?

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top