Sondaar
Daar bestaan geen heilige wat nie gelowig/verlos is nie. Om ’n heilige te wees, moet mens inderdaad verlos wees, ’n gelowige wees. Maar om terug te keer na jou proposisie van diegene wat uit die hel so opstaan – jy sal nie gelowiges, heiliges en verlostes in die hel aantref nie … dít is die punt, indien jy vergeet het.
Die stad Jerusalem staan bekend as die heilige stad, omdat God destyds dié stad só verorden het as die hoofsetel van Sy volk en toe later van Juda, ook genoem Godstad, Salem, stad van Dawid en die stad van die Groot Koning, Stad van die Here, Stad van Geregtigheid, Stad van trou, “Die Here is daar”, ens – dit is die Spirituele hoofstad en daar word ook na die toekomstige Nuwe Jerusalem verwys in die Woord. Om meer omtrent dié benaming (heilige stad) vir Jerusalem te wete te kom, lees gerus Genesis 14:18; Psalm 48:3; 46:5; 76:3; 87:3 Josua 18:28; 2 Samuel 5:7; 6:12,16; Psalm 48:13; 1 Konings 2:10; Jesaja 1:26; 48:2; 60:14; Sagaria 8:3; Nehemia 11:1,18; Esegiël 48:35. Dit beteken egter nie dat alle inwoners van daardie stad altyd heiliges was of is nie, maar die stad self het wel daardie status verkry omdat God dit destyds só verorden het.
Groete,
Kobus de Klerk

