Son(-)dag Skype ons

  • 0

SA kerkklokuur slaan 8-uur elke Sondag
van beloofde wag en jul nag en my dag  
word een tempel, saam ’n Goddelike dag
So 14 000 kilometer ver lê ons smag
en in een rekenaaroomblik verenig jul en ek
vorm ’n ons. Julle groei en my hart bons
Julle borrel, wys en vertel als dat dit gons
So luister ma’m, so prys ma’m elke slag
So bely ons – sê "ek verlang sag"
So gelei ons – sê "lief jou en nag"
Ek leer jul taal, "Yeah! Ons cool dag"
Al reën dit, al sneeu dit, ons son-dag          
geklee in dapper drag Heilige Sondag       
Kersiekoeke, geskenke, klere wat wag
vol prag, ons mis en fisies hier op Kersdag,
Kan-nie-wag-dag
Ek sing deur die reëls "Gelukkige verjaarsdag!"
herken herinneringe van ons vrypartytjie-dag
Pink weg trane en kry krag ... lag.
En as die skerm verdonker,
my hart geslag, verdonder,
dan snik ek … 
Ons droom tot ons een maal ’n jaar lughawedag
So bely ons … wens elke dag was Sondag. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top