somerwind

  • 0

sy stap op sand met hare wat wapper na agter
die katoenkleed kleef teen haar lyf
die wind blaas oor my kole
skuimperdjies op die see
die rondings geskets soos ’n penskets
die hoof geboë bekyk los skulpies verberg
staan stil rig die kyk teen die wind seewaarts
waar is die hulp
what can go wrong
my donkerbril verdof die label op die black
skuif die hout vir beter kole posisie
die wind ruk branders
die wind vertoon die mammalium-punte
die wind teken lyne van die sagte briefs
pak die rooster met enkel spek-wors
vul die glas
terug met die wind van agter
gelaat bedek met hare, geboë hoof
trane vloei uit rooi oë

what is wrong
wie kan help, wie luister en wie troos
eindeloos die stryd

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top