Michiël Geldenhuys

Michiël Geldenhuys

Ons leef in en met woorde. Met woorde verduidelik ek myself en met woorde verklaar ek my omgewing. Sonder woorde is ons geslote bedelaars wat nie weet waar om kennis te kry en hoe om wysheid toe te pas nie.

Ek gebruik ongestruktureerde woorde, soos Jackson Pollock wat ’n verfdoek bespat in die verklaring van sy denke. Dit is geen digkuns en geen poësie nie, ek laat bloot die woorde uitspat soos ek op daardie stadium voel. Ek noem dit Rammelskrif. Letterkundiges sal hulle koppe skud en die Pendoring sal verby my flits.

Ek is ’n oud-plaaskind, tegnies opgelei, voorheen werksaam by ’n Technikon, in die opvoedkunde (en straat-filosofie) ingefoeter en tans semi-pensioenaris in Jeffreysbaai.

Jammer sonder ’n maar

Michiël Geldenhuys SêNet-briewe 2020-03-02

"Mag ek heel aan die begin verklaar dat ek wil stilwees en luister."

somerwind

Michiël Geldenhuys Poësie 2020-02-12

"what is wrong
wie kan help, wie luister en wie troos"

Beeldskaduwees

Michiël Geldenhuys 2015-04-07 Ek leef in die skadu van brons en betonbeelde. Wat is my “issue” nou eintlik? Soos Oom Max, het ek ‘n oortuigde wete dat my “African” landgenoot (en andere) ongemaklik kan voel oor die beelde van Rhodes, Kruger, Verwoerd en andere. Maar beelde en plekname bepaal nie meer my “is” en plek hier in Afrika […]
Top