Jammer sonder ’n maar

  • 9

Verwys na Die Burger, 28 FEB 2020; JAMMER SONDER ’n MAAR deur Deon Snyman.

Snyman, ’n eertydse praktiese teoloog by twee Zoeloe-gemeentes, skryf: “Swart Suid-Afrikaners se geduld is besig om op te raak, want ’jammer’ mag nie ’n ’maar’ hê nie.”

Mag ek heel aan die begin verklaar dat ek wil stilwees en luister. Geen verwagtinge dat ons Afrikaan-kultuurgenote ook iets moet doen nie en geen oor-en-weer argumente nie, want ek is deel van ’n kultuur-taalgroep wat net sowat 5.4% van die Suid-Afrikaanse samelewing uitmaak. Hoe kan ek nog wil dikteer? Ek wil luister!

Deon, jy is skiet die pyle in die kol, my swart genote is die moer in. Verskonings en "ja maar: werk nie meer nie. Ons onverantwoordelike uitsprake en houdinge vertroebel al meer die vertroue tussen ons – jy is reg, dis ek met my wil vel wat alles bedonner het. Ek was te dom om te dink en het nie ’n clue gehad wat Apartheid aan mense gedoen het nie. Gewis sal my apologie ook ’n swak apologie wees. Die dice in die Monopoly Game het vir my reg geval en vir ander was die spel met harde klippe besaai. In die skrywe, Deon, volgens my afleiding kom jy nie werklik by die punt uit wat ons (nee, ek) moet doen om die “rassespanning” te verlig nie. Ja, ek lees "Omhels jou weerloosheid", maar dit is jou siening van die probleem. Wat sê my swart genote?

Soos Chris Louw vir Prof Wimpie De Bliksem in was, is ek vir Oom FW en andere De Bliksem in wat nou nog vir my wil raad gee; moenie nou weer voorskryf nie, ek wil na die jeugdige Afrikaan luister, want dis hulle wat die rigting van Suid-Afrika gaan bepaal. Deon, dit beteken net mooi niks as ek konstateer wat 1994 vir my beteken het nie, en wat ek daarna ervaar het nie. Maar nogtans hier kom dit: Ek het van die bevoorregte Apartheidsvrugte geëet. Ek was te dom om vir myself te gedink het. Ek het na 1994 ’n internet-dokument onderteken om my skuld aan Apartheid te verklaar; ek weet dit beteken fokkol, maar ek het dit gedoen. Ek het met vriende en familie gesels om die onreg van Apartheid toe te lig. My Kerk, die NG-Kerk, het hierdie sondes bely en ek het daarmee saamgestem; sommiges het voete gaan was, ek nie. Jammerlik was dit net simbolies want Cottesloe en die gays spook nog by ons. Ek het vrywillig afstand van my pos gedoen om ’n gerespekteerde Prof Afrikaan te laat voor loop. Ek gee tans vir nie-witttes klas met die hoop dat hulle eendag self sal “begin vis vang”. Ons betaal ons liewe huishulp sowat 20% bo die minimum vlak; my ou tuinhulp kry R200 en kos vir ’n halfdag-joppie. Ek maak grappe met die petroljoggies en as ek het, tip ek hulle goed. My vrou was so trots op my toe ek by die hospitaal vir ’n swanger swart dame my stoel aangebied het.

Beteken dit iets? Ek weet werklik nie!

Omdat ek wil luister sal ek graag uit die monde van die clever blacks (Malema, Cyril en andere) ook dan ’n eerlike antwoord sonder ’n MAAR wil hoor. As ’n deel van ’n totale minderheid vra ek net groot asseblief, wees eerlik en sê vir my sodat ek myself hier in die Suidpunt van Afrika kan bestuur:

  • Moet ons verdwyn?
  • Wil h(j)ulle ons graag elimineer? Wrede vraag maar sê dit net want ek dink ek kan dalk Auschwitz-gas spaar deur net te disappear. Ek is nie sarkasties nie, ek soek net ’n eerlike antwoord.
  • Moet ek nog vir my swart en bruin genote klasgee, of wil hulle dit self doen?
  • Wanneer gaan julle die Hoër Onderwys sillabusse VerAfrikaniseer, want ek weet nie ’n snars wat Einstein se teorieë behels nie?
  • Moet ek as witvellige padgee uit die arbeidsmark?
  • As bieg sal help, hoe moet ek bieg?
  • Wil hulle al die navorsing doen, of kan ons nog help?
  • Wil h(j)ulle graag al die materiële bates van die land besit: huis, plaas, microwave, die tutti ...?
  • Moet ons op godsdienstige vlak die barmhartigheidsdienste en evangelisasiewerk staak want dit kan as verkleinerend geïnterpreteer word?
  • Moet die wit element totaal uit sport verdwyn? Dalk is dit die regte ding, dan hoef daar nie meer ’n gestry oor kwotas te wees nie.
  • Is ons nog ’n Rainbow Nation? Sodat die j(h)ulle/ons ’n inklusiewe “ONS” word.
  • Moet/kan ons met ’n ESKOM help? Ons is hier om te bly (as ons mag) en wil graag onbaatsugtig help.
  • Ensovoorts!
  • DAN: Mag ek nog ’n vleisie braai (shisa nyama) en ’n Black Label (Zamalek) geniet?

Deon, jy kan my brief as arrogant beskou maar ek sê weer, ek wil luister en vir ’n eerlike antwoord wag om dan daarvolgens te kan handel. Ek is nie gatvol nie, ek soek rigting. Ek poog allermins om met bravade te wil uitstippel wat ons al vermag het nie, dis verby en in konteks was dit verkeerd. Ek wil vorentoe, maar ek wil van ons jong swart genote net weet wat die parameters is. Ek glo dat jy met jou praktiese ervaring ook vir my antwoorde kan verskaf. Onthou net asseblief, ek het nie meer ’n "MAAR" nie, ek sukkel met wat die "JAMMER" nou eintlik moet wees.

Wagtend die uwe,

Michiël

 

 

 

  • 9

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Michiel, dalk wil hul "jammer, ons sal etnies amalgameer" hoor. Wat my nou na 25 jaar van "demokrasie" pla, is dat daar altyd iets nuuts is waaroor ons wittes moet jammer sê.

  • Michiël, ek lees jou brief en stem heelhartig saam met jou. Ek is net onrustig oor die feit dat wanneer kan ons eendag maar gerus ophou verskoning/vergifnis/askies vra. Daar is reeds in die 1990's askies gevra. Intussen het daar groepe en mense weer gevra en is daar voete gewas ens. Nou skielik weer is daar 'n ontwaking van 'n nuwe generasie, gemoedsbekakkendes beswaardes wat ons herinner om tog net weer verskoning te vra. Kan iemand asb net ook vir my verduidelik op hoe 'n mate en hoe, waar en wanneer moet ons weer verskoning vra. Waaroor moet ons nou weer verskoning vra, weer vir apartheid. As hulle dit vra sal ek sê, sorrie ek is fokken sorrie sonder enige maars. Gaan ek vergifnis by julle kry vir my sorrie vra, of moet ek myself op die ashoop gaan werp, my klere skeur, grond oor my gooi in die stof rol of wat. Sê dit assefokkenblief tog sodat ek dit doen en met my lewe kan aangaan. Ek is gatvol vir die ewigdurende gefokken kerm wat net aanhou en aanhou. Ek beskou die skuldigheidsbewusmaking afkomstig van mense wat aan 'n ongesonde minderwaardigheidskopleks lei en hul tekortkominge na ander wil projekteer. Ek hoop iemand kan my help hiermee, want ek loop al soos 'n supersluiper rond te bang iemand gaan my as 'n witte identifiseer en aandring op 'n askies. Ons wittes het nie meer pluk in ons gatte nie. Ons word verguis, vertrap, verneder, vervloek, verfoei en ons laat dit toe. Ons wittes het slapgatte geword.

  • Kyk dit so makliker gewees het as die ander party met skoon hande na die onderhandelingstafel gekom het en hul eie organisasie leliewit was.

    Maar dit is nie en apartheid het begin lank voor die begrip ontwikkel is tot iets wat
    veroordeel is omdat die wêreld se gewete hul begin pla het ,na die onthulling van die Nazi-regime se gruweldade ,wat onder die sg vrye wêreld se neus plaas gevind het.

    Hoekom het nog geen President na 1994 om verskoning gevra oor die moorde van die Voortrekkers en waarom verkies die President om die slag van Bloedrivier as 'n oorlog tussen gronddiewe en moedige verdedigers te beskryf.

    Lees gerus 'THE ANC PRISON CAMPS: AN AUDIT OF THREE YEARS, 1990-1993. Paul Trewhela To the memory of Ephraim Nkondo and Mlamli Namb'

    Jy kan as 'n inleiding lees dat:
    "SEARCHLIGHT SOUTH AFRICA has been vindicated by three recent reports and one major press investigation into the system of prison camps run by the African National Congress in exile. Still more, the participants in the mutiny in the ANC army Umkhonto we Sizwe (MK) in Angola in 1984 have been vindicated. There is clear recogni-tion in all three reports that a major motive for the mutiny was the demand for democracy in an army tyrannised by the ANC Security Department. Not a shred of credibility remains for the slur that the mutiny was 'instigated by enemy agents'.

    Die optrede is allesbehalwe 'demokrasie in aksie'.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Michiel, ek dink ons wittes het in November 1983, met nou gerieflike vergete wit referendum om apartheid te skrap en 3 kamer parlement in te stel, begin askies vra.
    In 1992 het wit, bruin en indiërs referendum vir nuwe grondwet gehou en dit was tweede askies.
    In April 1994 het die stemmery sonder verset deur wittes ook askiese gebring met vervolgings by Waarheidskommissie, wat nooit versoening tot gevolg gehad het nie!
    Skynbaar is die finalè van askies dan aanvaarding van 'n regeringsbeleid van geforseerde etniese almalgamasie.
    Tyd dat teoloë hul by verkondiging van die bybel hou en hul stop met politiekery in media en vanaf preekstoele in SA.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Michiel, dalk soek hul jammer omdat ons agter ons Boereworsgordyn skuil?
    FC Boot het altyd omslagtelike relaas...

  • Michiël wil ek sê:
    Net na die omdraaislag in ‘94, het die verafrikanisering in erns begin op die fondament wat met hulp van die Afrikaner “kinders” van destyds tydens onderhandelinge gelê is. Dit het spoedig daarna geblyk dat die Afrikaner-“kinders” sleg uitoorlê is tot so ’n mate dat die Afrikanerblok uit die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) uitgewerk kon word. Want die nuwe regeerders het nie ’n kners omgegee oor die menings/insette van die “verslaandes” nie. Ek staaf hierdie stelling met eie ondervindings tydens my diens in die staatsdiens. Daaglikse vergaderings is gehou waar ek die enigste Afrikaanssprekende was en terwyl ek nog besig was om my insette in Engels te lewer het hulle sommer na Isixhosa oorgeslaan en ander dinge buite die agenda bespreek. Ek as witte is totaal geïgnoreer en ek verstout my om te beweer dat dit presies is wat in die RNE plaasgevind het, en dit duur nog steeds op alle gebiede voort.
    Daar is spoedig op elke moontlike terrein/verenigings/rade waar die Afrikaner voorgeloop en in beheer was, gesorg dat transformasie sal plaasvind en spoedig ook. (My tuinhulp het daardie uitkyk op dinge ook, want hy raak moerig wanneer ek hom opdragte, soos hy dit sien, gee. Ek sien dit in sy oë, wie is jy om my rond te order? Maar ek betaal, my dagloner sy lone.)
    Daar by jou ook, jy het nie vrywillig teruggestaan vir die ander ou nie, jy mag miskien so dink. Jy was veronderstel om sy eweknie te wees! Waarom moes jy dan eenkant skuif? Sal jou sê – sodat die gerespekteerde Prof. vir die wittes kon klas gee! Die huidige staatshoof het in die laat 1990’s luid verklaar dat “we will assist them in the transformation process”. Vandag praat hy nog steeds “our people”. Oor vrae in die parlement om aan te dui wie “our people” is, swyg dit nog steeds.
    Die voortdurende gehamer op apartheid en eise daaromtrent is om die mislukking en onvermoë om in die 25jr sedertdien behoorlik te regeer, te verduister. Kyk hoe lyk dit op die diensleweringsterreine. Dis pad af sper, bandebrand, traanrook en rubberkoeëls – Prasa, Eskom, SAID, SAA, State capture en als. Op jou mymering hierbo sal ek by elkeen ’n ja invul met die uitsondering van punt 3 – nee hulle wil dit self doen. Punt 4- jy’s moedswillig – watter Afrikataal kan hier bykom? Punt 5, bieg is nie wat vereis word nie, wel jou huis en kar, soos jy raai. Rainbow Nation? Hulle skop nou juis by die ou wat die frase ge-“coin” het, se kerkgebou hul mede-Afrikane uit. Dit is mos al gesê dat jy weet wie ook op soortgelyke wyse mee gedeel sal word.
    So as jy jonk is, kinders het, die vermoë het want ek het nie, sal ek jou aanraai – vat jou goed en vrou en laat spaander.

  • Ek sou graag daardie brief van Deon Snyman wou lees om uit te vind presies ten opsigte waarvan die swart Suid-Afrikaners se geduld opraak. Oor die onvermoë van die regering om te regeer wat dus verval en agteruitgang op alle gebiede tot gevolg het?
    Dalk is hier iemand wat my kan inlig oor wat Deon pla, of dalk ’n skakel na daardie brief kan plaas.

  • Tik in jou browser: "Jammer sonder 'n maar deur Deon Snyman.press reader". Klik dan op Volksblad: 2020-02-28 - Jammer sonder 'n maar - PressReader.

    Jy sal die brief daar kan lees.

  • Beste Jan Rap

    As jy die brief wil aflaai. Regsklik op die brief. In die "dropbox" wat verskyn klik "copy". Kies dan "select all" regs bo in groen blokkie. Klik weer "copy" en plak die brief in 'n Word-dokument. As jy nie regkom nie, laat weet dan e-pos ek die brief aan jou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top