"Somerdroom" deur Zandra Bezuidenhout

  • 0

Somerdroom

In die nagte van Desember
as die aand se skemer wyk
en die branders soos fanfares
oor die melkwit strande stryk
word my hart ? ligte toring
wat flikker oor die baai

REFREIN:
En ek droom weer van ? somer
met romanse in die lug
waar die vertes my betower
soos ? meeu in vrye vlug

Met ons voete in die water
en ons hare in die wind
voel ek hoe jou hand my inskulp
in die loute van die nag
tot ons slenter tussen duine
en vergeet hoe loop die pad

Ons is nog twee jong verliefdes
wat ontmoet het op ? reis
en mekaar se oë gelees het
soos 'n ster wat rigting wys
nou bly hang nog in ons harte
net die glimlag van die maan

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top