Soet en Suiwer
Jy’s die vreemdeling wat ek wil wegsteek
Jy’s die geraamtes in my kluis
Jy’s die pyn wat in my steek
Dit wat ek vir almal uitbeeld
Jy’s die klank op my tong
So suiwer, so soet
REFREIN:
Ek’t jou plegtig belowe
Ek het vir jou gesweer
Ek’t het gesê vir altyd
Maar ek’s jammer, my wonde is genees
My vyande het my gewaarsku
My vriende my geïgnoreer
My lewe is geskeur
My siel verteer
So suiwer, so soet
REFREIN
Ek is maar net ? kontoer
Ek is maar net ? lyn
Ek beteken vir jou minder as niks
Ek’t my hart gebreek
Die dag toe ek jou begin vertrou
So bitter en gal
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


