Soesji
Daar onder die bome
by koel waterstrome
Daar woon 'n mooi meisie
nie ver van my huisie
REFREIN:
Ek kan nie meer dink nie
Ek swaai aan haar pinkie
Sy het my betower
My swak hart verower
Ja, sy is my meisie
maar iets is nie pluis nie
Want ek is 'n skaapboer
en sy hou nie van vleis nie
Ek sê nie sy moes nie
maar sy eet net soesji
Ek hou van my tjoppie
my tjips en 'n doppie
REFREIN
Ons twee het getrou
nou is sy my vrou
Sy sê nie ek moes nie
want ek eet nou soesji
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.