"Soeke in die lewe" deur Juandre Marais

  • 0

Soeke in die lewe

Ek’s op soek na ’n song om te sing,
Een wat vrede en liefde sal bring
Wat in alle tale verstaan sal kan word,
Wat in alle kulture aanvaar sal kan word

Soos die kos in my bord,
Almal ken die smaak
Wat is tog dan die oorsaak van al die haat?

Ek soek ’n bevrydingslied,
‘n lied wat ons almal weer gelyk sal maak
Ek soek ’n oorwinningskreet
Om saam met my vreemde buurman uit te skree

Tye het verander, jy moet inpas of gly
Gaan maar gerus die waters oor,
Môre sal jy terug verlang.
Ja, môre sal jy terug verlang!

Ek’s op soek na ’n song om te sing,
Een wat vrede en liefde sal bring
Wat in alle tale verstaan sal kan word,
Wat in alle kulture aanvaar sal kan word
Ek’s op soek na ’n song om te sing

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top