Sodom-sout
(Moderne simboliek van sonde/verraad gepleeg deur minnaars)
Een aand vroegnag, so word daar vertel
? Wese geskep uit hemel
maar belowe vir die hel
Dwalend in stofstrate so word daar vertel
was sy gewaarsku teen die onoorwonne spel
KOOR:
Het sy net geluister, het sy net gehoor
sou hy haar nóg aanhang, sou hy haar bekoor
Maar uit heilige’skuurigheid het sy
vir oulaas teruggekyk
Sou Sodom-sout verander in spyt
Een aand laatnag, so word daar vertel
stil het sy gegaan, gevolg op haar bevel
? Eggo in die stilte
laat haar ongehoorsaam omkyk
Het sy haar oë van waarsku laat afwyk
KOOR
Later een nag, so word daar vertel
roerloos staan ? gestalte
deur die duister geskel
Gelos vir die donker, vir tydsame afkoel
so het hul haar gekry, met sonde oorspoel
KOOR
Op die laatste van die aand, so word daar vertel
nederig op plek
vasgevang in haar sout-sel
Het verraad haar dood en stil laat staan
So dra ? wrede plek helaas haar naam
KOOR
Onder ? môreskadu, so word daar vertel
vir die ongelowiges ? voorbeeld uit die hel
Staan sy neergebuig, haar hoof hang in spyt
Sou selfs haar skadu haar beeld ontwyk
Een aand vroegnag, so word daar vertel
? Wese geskep uit hemel
maar belowe vir die hel
Dwalend in stofstrate so word daar vertel
was sy gewaarsku teen die onoorwonne spel


