’n Komedie. Daar gaan ’n geklapper van tande en gestotter van trane wees. Almal sal kwa-ha-ha. Dit verg ’n groot gees om ’n arm een uit te kak. (Party heelalle beskik ook oor al die sterretjies ...) As daar nou een ding is wat die bloed laat kook is dit voodoo-poppies wat nie hul plek op die krismisboom ken nie. En as iemand vir jou 6151111156 sê: Die drie vlakke van in die kak wees is diep, dieper, en kiep-kiep. Solank dit mielies reën kraai die hoender koning. Volgende jaar kom die Neh-us-tan dalk vir Kersfees. Hy’s nie deel nie maar lid van die broadest church. Hy skryf briewe vanuit die buitenste duisternis. Terloops, hy meen daar is profyt. Dinge toon ’n wins in ruimte. Die lekkerste loop is mos kaalvoet in die grasveld terwyl jy asters pluk met ’n panga. Verkieslik tot jy twee blase aan elke hand het en vele daarna. Pyn is altyd ’n welkome herbesinning van meganika. Gepraat van wydlopers: Sy pastor skree vir hom: “Brand die boek! Brand die boek!” Ja wel, mein Vuurspuwer, by watter boek sal ons begin? Die gemiddelde man op straat sukkel om klippe aan die brand te steek. En dertien is altyd ’n dodgy ball in die lotto. Iets wat proe soos sterre agter in die kaak. Kom van vleisies wil tan. Almal wil so graag ’n verskil maak wat die beurs pas. Maar wat is die verskil tussen vrekking in die Karoo of die badprop uittrek in die golf van Meksiko? Die liewe leermeester beter onthou die vlieg is nooit ver van die broodskottel nie. Speaking of cricket being a gentile man’s third and decisive test: Shall we launch our flagship Victory prematurely? To bowl an over today must be like resuscitating a child that has drowned. Does one forever give a toss? Methinks the ball has beaten the bat once. If the captain is an adept of your Zen would you teach him a lesson in tjop on tjop off? Miskien op braaidag. Twice, but not the leg! Victory launches with guns of almost every rate whereas Hope sets sail only with offerings of piece. Maw die waters is tjoppie my ou en Hoop een kleed van vele steke maak seker die stuk lap wat jy gryp rafel nie uit nie. En voor jou lotus ten volle blom en jy die petaljes van jou satori se bloeiwyse kan pluk en tel daag buurman op met giwwe en stories oor bossies. Bossies soos wildeknoffel. Na watter van die verskeie wildeknoffels verwys jy? Die een wat blom soos ’n hoer met botox-lippe waarvan al die tande behalwe drie goudgeles uitgeslaan is ... Ja, genooides, ongenooides, verstrooiers en verstrooides, opgetooi-toiens, dooie mooies met pense vol vlooie, ons nuutste boikot tussen ot en sot plaas ’n leerappel in die bek van got. Dagsê, my nommer is ac ek is ’n masjien dit is oomblikke sedert my laaste sin. Ek rook en kook. Nie omrede my ringe en seëls klaar is of my head gasket gegaan het nie. Ek rook want tabak is nog nie ryk genoeg nie en die gerokery volmaakte karma. Amper soos die vloek: kak. Jy neem die twakkies uit die sak, rol jou zol, doop en rook hom – bb o bb, jy’s die grootste nommer wat ek ken. Veral die gloeiende perdeskoene wat soms uitval en gate in jou hemde brand. Gebeur seker as jy ponytails wil vleg met maanhare en een van die vier ridders daag nie op nie. So sprak gesprook van moontlik dodelike substanse vrylik te koop. Na dralende dampies lees soos díe kug wyshede soos piesangs laat jou asem stink en ander né néné nénénés en slaan morsdood neer.
Adriaan

