As ’n stem hier op die forum skielik stil raak, weet mens nie wat om te dink nie, veral oor die baie verkragtings en moorde deesdae.
Ek hou ook nie juis van SêNet se nuwe formaat nie. Dan ook die verveligheid van die briewe deesdae. Waar is al die oulike skrywers heen? Blogs staan my ook gladnie aan nie, ek wil graag glo dat met die ou Sênet duisende mense my briewe gelees het, maar hoeveel lesers is daar vandag en hoeveel mense lees die blogs?
Ek was self in die staatsdiens en voel ook dat dit deesdae in chaos verval het. Op my dag het ek self prosedurehandleidinkies geskryf vir van die oulike, maar dom deeltydse dametjies.
Maar nogtans, ek voel ’n ou kan af en toe iets skryf oor dinge wat jou interesseer, dalk hou ander mense ook daarvan.
Groete en seënwense,
Varkspek.


Kommentaar
Ek stem heel hartig saam met jou. Die nuwe se-net is erg vervelig en saai. Hoop dit val nie op dowe ore nie.
Varkspek
Miskien word te veel plek toegestaan aan mense soos KdK wat geneig is om nie die waarheid te vertel nie en ook nie heeltemal "all -there" is nie. Lanklaas briewe gesien van soortgelykes soos Afrikaan en FW.
Mense lewer soms kritiek op briewe soos syne, maar om dit elke dag te doen sit mense af. Mense soek inligting van gesaghebbende bronne, nie bronne wat dink hulle weet alles nie.
Miskien is interressante briewe van mense wat regtig inligting kan verskaf en ook wil leer nodig. (Ek mis Oester baie).
Kleinkoos
Varkspek,
Tans is die nuwe formaat verskriklik lomp en gebruikersonvriendelik. Dis vir my vreeslik frustrerend as ek probeer om by die argiewe verder te lees aan vorige briewe en antwoorde daarop. My rekenaar hang heeltyd op, want die program is te groot. Ek wou die nuwe formaat 'n kans gee,maar ek is nou keelvol gesukkel.
Ek kan slegs die paar briewe op die eerste blad te lese kry en selfs dit neem baie tyd in beslag. Ek wens julle wil die ou formaat heroorweeg. Daar kon mens met een oogopslag elke brief sien en is ook aangedui watter jy alreeds gelees het.
Die SêNet het pyn en lyding geword! Ek wens iemand wil iets daaraan doen, want die spulletjie is besig om 'n stadige dood te sterf!
Perdebytjie