"Sneeu in die Kaap" deur Danie du Toit

  • 0

Sneeu in die Kaap

My vrou loop in die sneeu
witter as die aarde rondom haar
Witter as vlerke
wolke op berge
Wit sonder perke
eindelose lig en liefde selfs groter as dit
My vrou soen die wang van die son dat hy hom kaalgat bloos
sy krap diep in die hel en pluk vir my ’n roos
Skiet na die hemel en vang vir my ’n wolk
gooi my demone dood met haar lyfverskerpde dolk
Somer sy en water
Asem sy en winter
Wasem sy en splinters lig en silwer
suiker
Vuurwarm baddens, drank en anker
medisyne teen die kanker
van alles anders

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top