slab slabbert slabbertste

  • 0

jy het die asem
lug gemaak oorlede Slabbert-broer
soos Kalanithi en ons almal sou wou beskryf

mense wys jou op mooi foto's uit die argief
waar jy met jou pak klere uit die parlement stap
’n uitstap wat jy baie goed geken het
met al die verwerpings in jou grootwordlewe

hulle sit die uitstaanfoto van jou langs Breyten
en al die ander Gorée-gangers
voor
op die huldigingsbrief
sodat mense by nabaat kan wonder
wat jy met jou asem gemaak het

jy staan daar
met die groep om jou
elkeen geokkupeer met hulle arms
asof hulle bid dat die geskiedenis wat die foto maak
mense sal aanmoedig om te sien:
jou asem het toe jou hande gevolg
om lug te wees vir nageslagte

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top