Skuldgevoel

  • 0

Foto: Canva

Skuldgevoel

op die slagvelde
van lewe en dood
sukkel die helde
wat nou vry rondloop
die oorlog is verby

die nagmerries begin
die kwaad broei uit
as verwyt kom kuier
in nagte van sleg slaap

God vergewe ons
tog
is die slagoffers vermink
verneuk of verniel

God se vergifnis
help nie hier nie
hulle verstaan nie
hulle kan nie

dit is hulle verniel
wat torring aan jou siel

terwyl tyd weghardloop
met jou vrede en vrees
om jou onseker te los
in die donker

van skuldgevoel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top