Skuld word deur mense gemaak, Wouter

  • 0

Wouter, jy het jouself goed gevestig as intellektueel oneerlik.

Jy wei wyd uit oor al die skuld in die EU, maar jy weier om die basiese feit aan te spreek, nl dat skuld nie vanself ontstaan nie.

Skuld word gemaak deur mense.

Skulde word gemaak omdat banke oa bereid is om geld uit te leen.

As die Weste dan sulke reusagtige bedrae skuld gemaak het, in so ’n korte tydjie, wat sê dit dan vir ons ivm die mentaliteit, opvoeding en kultuur van die Weste?

Onthou, jy is die een wat hier met grote ommehaal van woorde van die torings af uitgebasuin het dat die EU is die bakermat van die beskawing!!

Wat beteken dit dan nou?

Beteken dit dan nie ten minste dat die mense van die EU basiese opvoeding en ’n basiese geleerdheid ontvang nie?

Wie het hulle geleer dis oraait om al jou geld te blaas vir die volgende duisend jaar of so?

Waar kry hulle die idees?

Of dalk is hulle koppe net so geswolle soos joune in hierdie verband. Wie weet: dalk het hulle te veel van jou woorde gelees ...

Ek meen: selfs die mees onopgevoede en ongeleerde Afrikaan WEET dat jy nie onbeheersd kan leen nie!

Hulle weet die dag van afrekening kom!

Suid-Afrikaners het bv stokvelle – al ooit daarvan gehoor?

Maar dit benodig dissipline, vasbyt en vertroue om stokvelle te maak werk, iets wat die mens van die EU blykbaar nie oor beskik nie, of hoe?

Maar jy is die een wat Afrika afgekraak het, veral ons suid van die Sahara!!

Jou stories rym geensins nie, ek sien geen eerlikheid nie, net verdraaiings en wensdenkery.

As jy my skrywes van die afgelope tien jaar gaan lees sal jy sien dat ek talle male duidelik hier gesê het die Weste is gedoem, en ek het ook gesê dat SA is die beste land ter wêreld, en ek herhaal dit WEER!

Ek het nog nooit nodig gehad om my bokspronge te maak soos ’n kat op die warm sinkplaat nie, ou maat ... ek bly staan by wat ek verkondig het, nog al die tyd ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top